# Die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo het sy kommer uitgespreek oor die gedrag van sommige motoriste op die pad. Twee mense het laasnag gesterf in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n Mercedes Benz en ‘n Toyota op die N1 naby Modimolle. In ‘n afsonderlike tragedie is vier mense op die N1-noord dood toe die bestuurder van ‘n Renault na bewering roekeloos verbygesteek het en reg van voor teen ‘n Nissan-minibus gebots het. Die departement se woordvoerder, Mike Maringa, sê wetstoepassers sal nie wetteloosheid en roekelose gedrag duld nie:
Speel klankgreep: ENG SixKilled