# Die Universiteit van Pretoria se wetenskapsentrum het onlangs met sy nuwe mobiele planetarium begin toer, en dit by 17 skole opgestel. Die skoolbesoeke vorm deel van Sci-Enza se deurlopende gemeenskapsuitreikprojekte. Die universiteit sê drie-duisend-500 Tshwane-leerders het ‘n wêreld van wetenskaplike wonders en ruimteverkenning in hul eie skoolsale ervaar. Sci-Enza se bestuurder, Puleng Tsie, sê, hul interaktiewe aanbiedings help ook onderwysers om die mite uit die weg te ruim dat wetenskap moeilik, abstrak of ontoeganklik is. Die sentrum bied van die vierde Desember af ‘n vakansieprogram aan.
Sci-Enza se mobiele planetariumtoer wek belangstelling by 17 Tshwane-skole