Skip to content

Sasol kondig nuwe uitvoerende hoof aan

# Sasol het Simon Baloyi as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel en hy sal in April volgende jaar die pos oorneem. Hy volg Fleetwood Grobler op wat tot 31 Desember volgende jaar as uitvoerende raadgewer by die chemiese en energiemaatskappy sal aanbly om die oorgang glad te laat verloop. Sasol sê hy glo Baloyi se strategiese ingesteldheid, uitstekende leierskapsvaardighede, tegniese en sakevernuf en grondige operasionele ervaring maak hom die ideale persoon om die pos te beklee. Sasol is op die Johannesburgse Aandelebeurs vir 146,8-miljard-rand gewaardeer.