Skip to content

Sappi reik voorkeur-skuldbriewe van R5,5-miljard uit om skuld te herfinansier

# Sappi het aangekondig hy het voorkeur-skuldbriewe van 5,5-miljard-rand uitgereik wat in 2032 sal verval. Die onderneming se filiaal, Sappi Papier Holding, het die skuldbriewe uitgereik om die skuldverval-profiel te verbeter. Die opbrengste sal gebruik word vir die delging van 4,4-miljard-rand se uitstaande voorkeur-skuldbriewe wat volgende jaar verskuldig is, en vir algemene korporatiewe doeleindes. Die aanbod is vrygestel van registrasie ingevolge die Amerikaanse wet op Sekerheid.