Skip to content

SANW distansieer hom van Sylvester Mangolele se opmerkings op sosiale media

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het hom gedistansieer van die gewese vlootbevelvoerder, Sylvester Mangolele, se opmerkings op sosiale media. Mangolele het ʼn beroep gedoen dat president Cyril Ramaphosa binne 48 uur uit sy amp verwyder word. Die weermag sê in ʼn verklaring Mangolele is in 2018 uit die weermag ontslaan en praat nie namens die instelling nie. Die verklaring veroordeel ook Mangolele se uitlatings met die minagting wat dit verdien. Die weermag se woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê sy opmerkings weerspieël op geen manier die weermag nie en verteenwoordig dit ook nie.