# Suid-Afrika se grootste korttermynversekeraar, Santam, sê eise kom drupsgewys in van kliënte wat deur die erge fratsvloede in die Suid-Kaap geraak is. Oorstromings in George en omliggende gebiede het groot skade aangerig met skole en klinieke wat gister gedwing is om te sluit. ‘n Woordvoeder van Santam, Fanus Coetzee, sê die meerderheid van die eise tot dusver hou verband met waterskade in huise en sakeondernemings. Coetzee sê hulle neem kennis van die ekstreme weersomstandighede wat besig is om in intensiteit en voorkoms toe te neem, soos deur klimaatsveranderings-wetenskaplikes voorspel is, asook groter verstedeliking in Suid-Afrika.