# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad het misluk in sy poging om die Mango-lugdiens oor te neem. Santaco het glo nie die kortlys as ‘n biër gehaal nie. Die lugdiens is in Julie verlede jaar in verpligte sakeredding geplaas. Mango skuld krediteure drie-miljard-rand. Die taxi-bedryf het in 2011 sy eie lae-koste redery, Santaco Express, van stapel gestuur, maar dit het nooit van die grond afgekom nie.