Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het die Hooggeregshof in Gauteng se besluit verwelkom om ‘n aansoek van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, vir toegang tot inligting, met koste van die hand te wys. Outa wou toegang hê tot dokumente wat verband hou met ‘n tender wat aan die privaat konsessiehouer N3TC toegeken is. Die private maatskappy het ‘n kontrak gekry vir die bou en bestuur van ‘n gedeelte van die N3-hoofweg tussen die Heidelberg-suid-wisselaar in Gauteng en Cedara in KwaZulu-Natal. Vusi Mona van Sanral sê die openbaarmaking van die dokumente sal N3TC skade berokken.
Sanral verwelkom die verwerping van Outa se aansoek om toegang tot N3TC-dokumente