# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het begin met twee groot padinfrastruktuur-projekte in Mpumalanga ter waarde van sowat nege-miljard-rand. Die organisasie sê in ‘n verklaring albei projekte is nog in die ontwerpfase. Die N2 tussen Ermelo deur Mkhondo tot by die grens met KwaZulu-Natal sal opgeknap word. Hierdie projek sal na raming meer as ses-miljard-rand kos. Daar sal ook ‘n opgradering van die R40 tussen Hazyview en Bosbokrand wees, wat na raming meer as drie-miljard-rand sal kos.