# SANParke het gesamentlike optredes van stapel gestuur om veiligheid te verbeter in die Leeukop-, Vlaeberg-, Pipe Track- en Die Glen-gebiede van die Tafelberg Nasionale Park. Dit volg nadat daar ‘n toename was in gewapende rooftogte. Die samewerkingspoging tussen die polisie en die Kampsbaaise stadsverbeteringsdistrik het meer patrollies en intelligensie-geleide ingrypings ingestel om misdaad hok te slaan. SANParke se woordvoerder, JP Louw, raai besoekers aan om in groepe te stap en aandstaptogte te vermy:
SANParke verskerp veiligheidsmaatreëls op Tafelberg Nasionale Park [KLANK]
ENG-LouwOnCrime