Skip to content

SANParke ere-veldwagters rapporteer 26% groei in bydraes

# Ere-veldwagters van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke vier hul 60ste bestaansjaar met ‘n mylpaal in bydraes van 100-miljoen-rand aan SANParke vir 2023/2024. Dit sluit in ondersteuning vir optrede teen stropery, monitering van wild, en omgewingsopvoeding. Meer as twee-duisend-een-honderd lede het vrywillig byna 390-duisend-uur -gewerk met ʼn styging van 26-persent in bydraes. Geleenthede  vir fondsinsameling, soos boskampe en konserte, het bygedra tot die befondsing van voorkeur bewaringsprojekte. ’n Nuwe samewerkingsooreenkoms met SANParke versterk die belangrike rol van ere-veldwagters in die beskerming van biodiversiteit en erfenis.