# Sanco in Noordwes, versoek die onmiddellike afdanking van ‘n administrateur wat die departement van Basiese Onderwys aangestel het. Dit volg op die in hegtenisname van ‘n vorige munisipale bestuurder van die Fetakgomo Groter Tubatse plaaslike munisipaliteit, en nog twee wat betrokke was by die VBS Mutual Bank-skandaal. Die woordvoerder van Sanco, Paul Sebotgoe, sê gemeenskappe in Noordwes kan nie nog ‘n strooptog bekostig wat hulle van gehalte diens beroof nie. Die verdagtes staar aanklagte van korrupsie, geldwassery en die oortreding van artikel 173 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, in die gesig.