# Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls het sy feestyd-aannemingsprogram vir Afrika-pikkewyne bekendgestel. Pikkewyn-geesdriftiges word versoek om ‘n Afrika-pikkewyn aan te neem en ‘n naam te gee, en in ruil daarvoor kry hulle die nuwe fees-sertifikaat. Die organisasie sê deur dié feestyd ‘n pikkewyn aan te neem, maak die persoon ingryping moontlik, wat lei tot die herstel- en vrylatingsreis van dié ongelooflike spesie. Die stigting sê dis ook ‘n sinvolle manier vir diereliefhebbers om by te dra tot die bewaring van Afrika-pikkewyne.
SANKUB stel feestyd-aannemingsprogram bekend