Skip to content

San Francisco se Golden Gate-brug kry selfdoodnet ná 87 jaar

# Amptenare sê ‘n selfdood-voorkomingsnet by die Golden Gate-brug in San Francisco is uiteindelik voltooi. Sedert sy opening in 1937 het nagenoeg tweeduisend mense van die brug af na hul dood gespring. Families wat geliefdes weens selfdood by die brug verloor het, vra al dekades lank vir ‘n oplossing. Die selfdood-net is rondom ongeveer 95 persent van die 2,7 kilometer-brug geïnstalleer. Die net van vlekvrye staal is in 2014 goedgekeur, maar die installasiewerk het eers vier jaar later begin.