# Die Munisipale werkersvakbond Samwu eis billike vergoeding vir munisipale werkers terwyl hy onderhandelings met die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging hervat. Die vakbond voer aan die huidige aanbod van SALGA is onvoldoende en verlig nie die finansiële druk op werkers nie. Hulle verwerp die Nasionale Tesourie se aanbeveling oor die beperking van verhogings tot tussen drie- en ses-persent en voer aan dit ondermyn die kollektiewe bedingingsproses. Papike Mohale van Samwu doen ‘n beroep op SALGA om sy aanbod te hersien en aan werkers se behoeftes te voldoen ten einde hulle werklike waarde te weerspieël.
Samwu terug by onderhandelingstafel en eis billike vergoeding vir munisipale werkers