# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Mpumalanga versoek die regering om die uitwissing van putlatrines en emmertoilette te versnel. Statistieke Suid-Afrika berig meer as 17-duisend huishoudings gebruik steeds hierdie onhigiëniese stelsels. Die provinsiale bestuurder van die SAMRK, Eric Mokonyama, is bekommerd oor die skending van inwoners se reg. ‘n Vergadering oor die uitwissing van puttoilette in openbare skole word vir 29 Julie beplan. Die LUR vir Menslike Nedersettings, Speedy Mashilo, word versoek om met munisipaliteite saam te werk en om ‘n volledige plan hieroor voor te lê.
SAMRK versoek regering om putlatrines en emmertoilette uit te wis