Skip to content

SAMRK stel ondersoekverslag bekend oor sistemiese uitdagings rakende Enyobeni-tragedie

# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se Oos-Kaapse kantoor stel vandag sy ondersoekverslag bekend, oor sistemiese uitdagings rakende die Enyobeni Taverne-tragedie. Die ondersoek maak deel uit van die SAMRK se mandaat, wat menseregtekwessies aanspreek. Die ondersoekverslag word tussen 11 en 12 vandag vrygestel by die Chandler’s-gastehuis in Oos-Londen. Die Enyobeni-tragedie behels die dood van 21 jeugdiges wat ‘n platejoggie se verjaardagpartytjie by die taverne bygewoon het. Die omstandighede waaronder hulle gesterf het is nog onbekend.