Skip to content

Samewerkingsbenadering sleutel tot groenenergie-ontwikkeling

# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging beklemtoon die belangrikheid van sterk verhoudings tussen die regering en die privaat sektor om vervaardigingsaanlegte vir groen energie te ontwikkel. Afrika se krag-aanvraag gaan teen 2050 agt keer groter wees en hernubare bronne sal baie bydra om aan hierdie behoefte te voldoen. Die departement se direkteur van Groen-ekonomie-nywerhede, Annelize van der Merwe, sê die regering ontwikkel ook meer beleide om groter samewerking tussen verskillende departemente moontlik te maak en ‘n billike energieoorgang te verseker.