Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

SAMA versoek Ramaphosa dringend om gesondheidsorgstelsel reg te ruk vóór ondertekening van NGV-wetsontwerp

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê die land is nog nie gereed om die Nasionale Gesondheidsversekering in te stel nie en regsgedinge sal volg sodra President Cyril Ramaphosa die wetontwerp onderteken het. Die voorsitter van SAMA, Dr Mvuyisi Mzukwa, sê rioolstelsels in hospitale wat oorloop, die gebrek aan mediese spesialiste en stukkende toerusting sal die inwerkingstelling van die NGV kniehalter. Hy sê SAMA steun omvattende gesondheidsorg ten volle, maar hy glo ‘n stelsel van ‘enkel-aankoper, enkel-betaler’ soos in die wetsontwerp uiteengesit, is nie haalbaar nie.