# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie se Raad van Speakers-forum hou ‘n tweedaagse byeenkoms om aandag te gee aan talle uitdagings waarmee munisipaliteite te kampe het. Dit vind plaas terwyl Johannesburg gereed maak om ‘n nuwe speaker te verkies nadat Colleen Makhubele verwyder is. Salga se bedryfshoof, Lance Joel, sê die forum vind van môre tot Woensdag plaas en sal konsentreer op strategieë om plaaslike owerhede bestendig te maak. Hy sê die besprekings het ten doel om insigte en oplossings te bied vir doeltreffender bestuur in munisipaliteite:
Salga-raad van Speakers-forum gaan bestendigheid in plaaslike regering bekyk [KLANK]
ENG-JoelOnCouncil