Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

SAKP betoog oor Steenhuisen se opmerkings oor misdaadbekampers

# Die SAKP in Gauteng hou vandag by Konstitusieheuwel in Johannesburg ʼn plakkaatbetoging teen die DA-leier, John Steenhuisen, se opmerking oor die provinsiale misdaadbekampers. Hy het verlede maand gesê sommige van hulle is dronkaards. Dit het openbare ontsteltenis veroorsaak met beskuldigings van rassisme omdat die meeste swart is. Die party sê sy betoging is deel van sy voorneme om ʼn amptelike klag by die Menseregtekommissie in te dien wat volgens hom waarskynlik die saak na die Nasionale Vergadering sal verwys.