# Die RMB/BER Sakevertroue-aanwyser het in die vierde kwartaal van vanjaar met twee punte tot 31 gedaal. Dit beteken minder as ‘n derde van die respondente in die opname is tevrede met die heersende saketoestande. Sakevertroue was grootliks onveranderd in drie van die sektore, maar ʼn styging van 15-punte in kleinhandel-vertroue is oortref deur ‘n skerp afname van 24-punte in die vertroue van handelaars in nuwe voertuie. Die sake-omgewing het moeilik gebly in die vierde kwartaal, aangesien saketoestande teen die verwagting in versleg het.
Sakevertroue-aanwyser het onder nuwe voertuighandelaars verswak, maar kleinhandelaars is optimisties