# Die Nelson Mandelabaai Sakekamer in die Oos-Kaap het vandag begin met sy Mentorskapprogram. Die program is daarop gemik om klein, medium en mikro-ondernemings te bemagtig en om sterk, veerkragtige leiers in verskeie sakesektore te help ontwikkel. Die eerste span bestaan uit 20 studente wat uit ‘n poel aansoekers aanvaar is. Hulle is geplaas by mentors vanaf ‘n databasis van 40 sakeleiers in die Metro, almal met verskillende agtergronde. Die mentorskap sal vir drie maande duur met die hooffokus op die verskaffing van pasgemaakte een-tot-een sessies.