Skip to content

SAID maan spertyd is op hande vir voorlopige belastingbetalers

# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ‘n waarskuwing aan voorlopige belastingbetalers uitgereik dat hulle belastingseisoen op 24 Januarie afgesluit word. Die spertyd het te make met die afhandeling van sake vir die 2022/23-belastingjaar. BusinessTech berig anders as vir nie-voorlopige belastingbetalers, wat reeds tussen Julie en Oktober verlede jaar hulle opgawes ingedien het, word voorlopige belastingbetalers definieer as diegene wat ‘n inkomste anders as vergoeding ontvang. Hulle het tot later die maand tyd om aanslae in te dien. Die SAID verduidelik die spertyd stem nie ooreen met die voorlopige belastingopgawe-datums vir 2023/24 nie, om verwarring te voorkom.