Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

SAHPRA tree op teen toename in misbruik van kodeïne

# Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad en ander gesondheidsreguleerders tree op teen die kommerwekkende misbruik van kodeïne. Dit is veral algemeen onder jongmense. Maatreëls word nou ingestel om die verkoop van medikasies wat kodeïne bevat streng te reguleer. Dit verplig apteke en ander uitreikers van medisyne om digitaal die identiteitsnommers van indiwidue aan te teken wat middels met kodeïne ontvang. Die woordvoerder Madimetja Mashishi beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief om gedrag teen te werk soos mense wat kodeïne wil misbruik en dit dan by verskeie apteke koop.