# Die vakbondfederasie Saftu het die Departement van Hoër Onderwys beskuldig dat hy onverantwoordelik is nadat hy 580-miljoen-rand se fondse wat nie bestee is nie, na die Nasionale Tesourie teruggestuur het. Dit het gebeur tydens die ampstermyn van die voormalige minister, Blade Nzimande. Die geld kon nege-duisend-en-71 studente vir ‘n volle akademiese jaar onderhou het. Die departement het terselfdertyd jaarliks sewe-miljoen-rand aan 30 geskorste werknemers betaal. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die onderbesteding is wanbestuur aan die kant van die departement:
Saftu sê Departement van Hoër Onderwys is onverantwoordelik deur onderbesteding van R580-miljoen [KLANK]
ENG TrevoronHighEducation