# Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n beroep op die Nasionale Tesourie om die Gautengse Gesondheidsdepartement se gebrek aan befondsing vir bestraling, op te los. Verslae dui daarop dat onvoldoende belegging in bestralings hospitale dwing om die dienste uit te kontrakteer, wat duisende kankerpasiënte laat wag vir behandeling by die Charlotte Maxeke- en Steve Biko-akademiese hospitale. Saftu se woordvoerder Trevor Shaku, het sy kommer uitgespreek en sê die voortdurende kwessies wat openbare dienste raak, is ‘n groot probleem.
SAFTU doen beroep vir Tesourie-ingryping om Gauteng se bestralingskrisis op te los