# Onderwysersvakbond Sadou in Limpopo wil sy lede verbied om voort te gaan met onderrig by die Hoërskool Zava in Giyani. Die vakbond beskuldig die skoolhoof daarvan dat hy vir die tweede keer ‘n Departementshoof aangestel het sonder om lede van die skoolbeheerliggaam te raadpleeg. Die beheerraad en die vakbond het sedertdien gedreig om stappe te doen. Hulle wil hê die skoolhoof moet onmiddellik verwyder word.