# ʼn Sabeltandkatspesie is na die paleobioloog van die Universiteit van Kaapstad, Anusuya Chinsamy-Turan, vernoem. Chinsamy-Turan, van die Departement Biologiese Wetenskappe, is vereer vir haar baanbrekerswerk in die uitleg van die biologie van diere wat vyf- tot sewe-miljoen-jaar gelede aan die Weskus voorgekom het. Die gefossileerde oorblyfsels van die spesie is saam met ‘n ander nuwe spesie in die Weskus-fossielpark naby die Lugmagbasis Langebaanweg opgegrawe. Hierdie genus is ook ontdek in plekke wat van Kenia tot Tsjaad strek.
Sabeltandkat word vernoem na die Universiteit van Kaapstad se voorste wetenskaplike