# Africa4Palestine en die ANC in die Johannesburg-streek sal vanmiddag opruk na die Mary Fitzgerald-plein in Newtown, ter ondersteuning van die hernoeming van Sandtonrylaan na Leila Khaledrylaan. Die doel van die betoging is om solidariteit te toon met die Palestynse volk, teen sogenaamde Israeliese apartheid en besetting. Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sal ‘n versoekskrif van die saamtrekorganiseerders ontvang. Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om aan te sluit en onderdrukking teen te staan.
Saamtrek in Johannesburg ter ondersteuning van die hernoeming van Sandtonrylaan