Skip to content

Saak uitgestel teen vrou wat van moord vir versekeringswins beskuldig word [KLANK]

# ‘n Vrou van Noordwes wat aangekla word van die moord op haar familielede om voordeel te trek uit versekeringseise, moet Vrydag weer in die Landdroshof in Molopo verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek. Agnes Setshwaro is Woensdag in Centurion, Gauteng, in hegtenis geneem tydens ‘n gesamentlike intelligensie-operasie deur die polisie en ‘n versekeringsonderneming. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in Noordwes, Henry Mamothame, sê ondersoeke het bedrieglike versekerings-bedrywighede aan die lig gebring waarin Setshwaro na bewering voor die moord polisse namens een van haar familielede uitgeneem het: