Skip to content

Saak teen Eskom-bestuurder in Mpumalanga uitgestel te midde van bedrog-bewerings

# Die saak teen die Veiligheidsrisikobestuurder van Eskom, Thandi Ruth Magagula, van Middleburg in Mpumalanga , is in die Middleburg-Streekhof uitgestel tot 26 Maart 2024. Magagula staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery nádat die Valke haar in Middelburg in hegtenis geneem het. Sy het na bewering versuim om ‘n botsing van belange te verklaar terwyl sy as ‘n Eskom-bestuurder en as direkteur gedien het van ‘n maatskappy wat dienste aan Eskom verskaf. Magagula is borgtog van tien-duisend-rand toegestaan.