# Die Weerdiens het ‘n vlak 1-waarskuwing uitgereik teen skadelike wind vandag in die suidelike Namakwastreek van die Noord-Kaap, en die Sentrale Karoo in die Wes-Kaap. ‘n Kuswind tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai word môre verwag. Voorspellers sê die naderende koue front wat die Wes-Kaap uit die suidweste nader kan byna stormsterkte wind meebring, met rukwinde van 70- tot 90-kilometers per uur. Dit kan skade in nedersettings aanrig en kleiner vaartuie laat omslaan. Die diens waarsku motoriste om versigtig te bestuur.
SA-weerdiens reik waarskuwing uit teen skadelike wind in Noord- en Wes-Kaap