Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

SA Suikerrietkwekers vra omsigtigheid met gesondheidsbevorderingsheffings

#  Die organisasie Suikerrietkwekers vra die Nasionale Tesourie om die verhoging van gesondheids-bevorderingsheffings te heroorweeg, in aanloop tot die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede. Die suikerbedryf worstel reeds met groot uitdagings soos beurtkrag en hoë insetkoste, en waarsku die verhoging kan die bedryf duisende werksgeleenthede kos en kleinskaalse produsente in gevaar stel. Die organisasie vra die Tesourie om voorkeur te gee aan maatreëls wat ekonomiese herstel en werkbehoud aanhelp, en die uitwerking van so ‘n verhoging binne ‘n moeilike ekonomiese klimaat deeglik in gedagte te hou.