# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ‘n plan ter waarde van 2,67-miljard-rand oor vyf jaar van stapel gestuur om indringerplante hok te slaan deur die Werk vir Water-program. Hy beoog om jaarliks 38-duisend-839 werksgeleenthede te skep, met die fokus op landelike gemeenskappe. Indringerspesies bedreig bioverskeidenheid, waterbronne en lewensbestaan, wat vloede en veldbrande vererger. Minister Barbara Creecy sê die Gautengse Werk vir Water-program sal 74-duisend-781 hektaar oor vyf-jaar teiken: