Skip to content

SA Sionistiese Federasie veroordeel regering omdat hy Israel by Wêreldhof aangee

#  Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie sê die regering se aanklag teen Israel voor die Wêreldhof is ‘n ernstige misstap. Die federasie sê dit lyk asof die stap gedoen is om die aandag af te lei van die regering se eie skouspelagtige binnelandse mislukkings, en om Suid-Afrika se kwynende internasionale aansien te probeer red. Die beweging beweer die ANC-regering se pro-Hamas-standpunt stel noodsaaklike ekonomiese hulp ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika in gevaar. Die Federasie beweer die regering stel die sienings van die meerderheid Suid-Afrikaners wat ‘n vreedsame oplossing vir die Palestyns-Israeliese konflik soek, verkeerd voor.