Skip to content

SA Poskantoor staak afleggings tydelik hangende WVF-hulpskema-aansoek

# Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het met vakbonde ooreengekom om afleggingskennisgewings vir ten minste 12 maande terug te trek, wat ongeveer vier-duisend-700 werksgeleenthede red. As deel van die ooreenkoms het die Poskantoor se sakereddingspraktisyns om steun aansoek gedoen by die Werkloosheidsversekeringsfonds se Tydelike Indiensnemingsverligtingskema. Die skema sal 75-persent van werkers se salarisse betaal, en die Poskantoor die res. Reddingspraktisyn Anoosh Roopla sê daar word steeds van werkers verwag om tuis te bly hangende die uitslag van die aansoek.