# Die Suid-Afrikaanse pop-ster Tyla is benoem vir agt Billboard-musiektoekennings, insluitend beste vroulike R&B-kunstenaar en beste R&B-liedjie vir Water. Dis die eerste keer dat sy benoem word. Die country-sanger Zach Bryan is in 18 kategorieë benoem en Taylor Swift, die vroulike kunstenaar wat die meeste kere in die toekennings se geskiedenis bekroon is, is 16 keer benoem. Ander benoemdes sluit in Drake, Billie Eilish, Teddy Swims, SZA en Shaboozey. Die toekenningsgeleentheid vind die 12de van volgende maand in Los Angeles plaas.
SA pop-ster Tyla vir agt Billboard-musiektoekennings benoem