Skip to content

SA Mediese Vereniging-vakbond bekommerd oor Palestynse humanitêre krisis

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond sê hy is diep bekommerd oor die verdiepende Palestynse humanitêre krisis, spesifiek oor gesondheidsorgfasiliteite wat gebombardeer word. Meer as die helfte van die 35 hospitale in Gasa is nie meer operasioneel nie, te midde van Israel se bomaanvalle en grondoperasies, in reaksie op Hamas se aanvalle op 7 Oktober op suidelike Israelse gemeenskappe. SAMATU vra alle betrokkenes om internasionale humanitêre wette te handhaaf, en die beskerming te verseker van gesondheidsorgfasiliteite en mediese personeel, wat hul lewens waag om ander te red.