# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die beskikbaarheid verwelkom van Covid-19 aanvullings-dosisse, en moedig almal aan wat daarvoor kwalifiseer, om dit so gou moontlik te kry. As iemand die Pfizer-entstof gekry het, kan hulle dalk kwalifiseer vir ‘n aanvullende dosis. Die Suid-Afrikaanse regulerings-owerheid vir Gesondheidsprodukte het vroeër die maand die groenlig gegee vir die derde dosis. Die vereniging se voorsitter, Angelique Coetzee, sê die sleutel tot oorwinning in die stryd teen die pandemie, is inenting:
Speel klankgreep: AFR AngeliqueCoetzeeOOROpvolginspuiting