# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê handelstoestande het verbeter, met die Handelsaktiwiteitsindeks wat op sy hoogste vlak in Junie bereik het. Hoewel dit steeds negatief bly, verwag 55-persent van respondente verdere verbetering. Sleutelkomponente soos verkope en nuwe bestellings het verbeter, hoewel insetkoste hoog bly. Die verslag dui aan stygende verkoopspryse en insetkoste kan inflasie en rentekoerse raak. Die kamer sê in ‘n verklaring terwyl handelstoestande beter is, bly indiensneming in die sektor redelik bestendig, met 43-persent van respondente wat personeel in diens neem.
SA Kamer van Koophandel en Nywerheid sê handelstoestande verbeter