Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

SA het in 2023 net 98-duisend poste in formele sektor bygevoeg

# Volgens die Kwartaallikse Indiensnemingstatistieke-opname wat Statistieke Suid-Afrika vrygestel het, is 98-duisend poste in 2023 in die formele nie-landbousektor bygevoeg. Werksgeleenthede het in die vierde kwartaal verlede jaar met 194-duisend afgeneem. Die gemeenskapsdienstebedryf het die hoogste aantal werksverliese ervaar, gevolg deur die boubedryf en die sakedienstebedryf. Werksgeleenthede is bygevoeg in die handel-, vervoer- en elektrisiteitsbedrywe. Die algehele bruto verdienste wat betaal is aan werknemers, het van die derde tot die vierde kwartaal verlede jaar met 5,8-persent toegeneem.