Skip to content

SA Energieraad vra vir ondertekening van Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering

# Die Energieraad van Suid-Afrika sê die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering moet nou wet word. Die wetsontwerp baan die weg vir die regstreekse verkryging en transmissie van krag, nie net van Eskom nie, maar ook van privaat kragvoorsieners, sonder om deur ‘n omslagtige regsproses te gaan. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die wetsontwerp moet nog deur president Cyril Ramaphosa oorweeg word, en ‘n tydsraamwerk vir die ondertekening is nie verskaf nie. Die raad sê die wetgewing sal help met die bevordering van kragopwekking en mededinging.