# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christen-forum het die regering se besluit verwelkom om nie weer die registrasie-sperdatum vir spazawinkels uit te stel nie. Alle spazawinkels en voedselondernemings moes teen 28 Februarie geregistreer wees. Dit volg nadat kinders verlede jaar dood is, vermoedelik nadat hulle kos by spazawinkels gekoop het. Die president van die forum, Marothi Mashashane, sê hulle ondersteun ook die Wetsontwerp op Nasionale Sakelisensies. Hy sê sodra dit bekragtig word, sal dit duidelikheid, konsekwentheid en deursigtigheid oor die lisensiëring van sakeondernemings in die land.
SA Christen-forum ondersteun Wetsontwerp op Nasionale Sakelisensies