# Suid-Afrikaanse boere is optimisties oor 2025, met gunstige weervooruitsigte en planne om meer te plant. Hulle beoog om tot 4,47-miljoen-hektaar somergewasse en oliesade te verbou, ‘n styging van een-persent teenoor die vorige seisoen. Landbou-ekonoom Wandile Sihlobo sê hoewel prysinflasie van voedsel in November 2024 tot 1,6-persent gedaal het, die laagste sedert 2010, wek die hoë pryse van witmielies kommer weens swak oeste in 2023/2024. Verwagte reën as gevolg van La Niña en verbeterde oesvooruitsigte later in 2025 sal egter laer voedselpryse ondersteun.
SA boere optimisties oor 2025