Skip to content

SA akteur Jonathan Pienaar oorlede op 63

# Die Suid-Afrikaanse akteur Jonathan Pienaar is gister in sy slaap in sy huis in Auckland Park, Johannesburg, oorlede. Hy was 63. Pienaar is veral bekend vir sy rolle in Yizo Yizo, Binnelanders, Roots en Isidingo. Hy het ook in talle Suid-Afrikaanse en internasionale films verskyn, insluitend Blood Diamonds, Dollars and White Pipes, Wild at Heart en Venus Noire. Akteur Anton Dekker het Pienaar beskryf as ‘n werklik unieke akteur en ‘n wonderlike mens, terwyl regisseur en vervaardiger Denver Vraagom sê hy was ‘n vriend en ‘n sielsgenoot.