# Russiese troepe het vandag in Belarus aangekom vir vinnige militêre oefeninge. AFP berig meer as ‘n week se onderhandelinge tussen Rusland en die Weste het nie die kommer oor die opbou van tien-duisende Russiese troepe op die Oekraïense grens laat wyk nie. Bydraend tot die spanning het Belarus, Rusland en die Oekraïne se buurland, ‘n reeks militêre oefeninge van stapel gestuur. ‘n Video, wat deur Belarus se ministerie van Verdediging vrygestel is, wys hoe kolomme militêre voertuie, insluitend tenkvoertuie, van treine wat met sneeu bedek is, afgelaai word.