Skip to content

Russiese aanvalle op Kharkiv en Lviv aangemeld

# Russiese missielaanvalle is op die noord-oostelike stad van Kharkiv en Lviv in die weste van Oekraïne uitgevoer. Die burgemeester van Kharkiv het ‘n massiewe missielaanval op sy stad aangemeld terwyl sy eweknie in Lviv twee aanvalle gerapporteer het. Daar is nie enige onmiddellike berigte van ongevalle nie. Kharkiv is minder as 40 kilometer van die Russiese grens, terwyl Lviv in die verre weste van Oekraïne is – slegs 70 kilometer van die Poolse grens. Daar was ook berigte van Russiese hommeltuigaanvalle vroeër op die hawestad Odessa met ‘n brand wat laat Donderdag in ‘n toringgebou uitgebreek het.