Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Rusland plaas Zelensky van Oekraïne op lys van gesoekte mense

# Die Russiese staatsnuusagentskap berig die land het ‘n strafregtelike saak aanhangig gemaak teen die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, en hom op ‘n lys geplaas van mense wat gesoek word. Oekraïne het die aankondiging verwerp as bewys van, wat hy noem, Moskou se “desperaatheid”. Oekraïne se Buitlelandse Sake-ministerie sê die Russiese president, Vladimir Putin is sélf onderworpe aan ‘n dagvaarding van die Internasionale Strafhof. Rusland het sedert Februarie 2022 dagvaardings uitgereik teen verskeie Oekraïnse en ander Europese politici, asook teen die aanklaer wat verlede jaar Putin se oorlogsmisdade-dagvaarding voorberei het.