# Rugby: Nieu-Seeland se kaptein Sam Whitelock verwag die Franse sal met hul tradisionele manier van spel vorendag kom wanneer die spanne vandag in Stade de France in Paris bots. Nieu-Seeland wil ten alle koste ‘n tweede agtereenvolgende vernedering in 12 maande vermy. Hulle het verlede naweek teen die Iere verloor. Whitelock het aan die media gesê die geleentheid om vir die eerste keer in drie jaar in Europa terug te wees, is goed vir die span en hulle het waardevolle ondervinding opgedoen.